die klokwerk kort olie
die skaniere gedaan
sy stoomenjin het gaan staan
sy parte drup olie
in die son sal hy vergaan
sy paaiemente is agter
sy sein is foutief
sy hy is vol duike
sy programmering is foutief

vergaan is die nuwe inding
soos prada in milan
die volk sing al eulogies
en die prediker huil met elke gesang
klippe is op gebloei
en siele is vol stof

meneer help asseblief
vra hy
maar die goewerment is net vol grief
en behandel sy volk net stief

wit en bruin Afrikaners in ‘n ry
meganies blink gevryf
hulle gaan nie lê nie
al maak die roes hul styf

(c) 2013 allen simpson

geinspireer deur ‘n die ‘steampunk’ genre