As mens jouself verander vir ander mense, hoeveel van die prag van jou wese verraai jy? Mens moet jouself net verander vir jouself. As mense jou nie wil aanvaar net omdat jy nie dieselfde Godsdiens as hulle is nie, hoekom moet jy jou God verloon en maak asof jy in hulle geloof is en sielsongelukkig wees.

Wees jouself.

As mense jou veroordeel want jy dra ‘n hemp met ‘n kopbeen op, hoekom moet jy die hemp weggooi? Jy sin van kleredrag maak jou uniek, vriend. Moenie jou mooi prysgee vir ‘n idoot nie.

Wees jouself.

Wees jouself – of huil in die donker van die nag… wanneer jy werklik besef hoe alleen jy is, want jy het jou beste vriend weggegooi…. Want jy is jou beste vriend.

(c) 2013 allen simpson