Boerklong onthou van Beesmis
elke oggend in een getrap
net om dit te geniet
‘n snaakse kindergrap

Brolloks en Bittergal
voorgelees deur mamma, mal
en lag-lag sit ons saam
in my hart, die oomblik geraam

Boerbeskuit en Boeretroos
elke oggend wat wag
B-kunde wat bloei
in die Afrikanerhart.

Nou is B ‘n bitter letter
op my tong soos geel etter
‘bullet en boer’ pynlik in my oor
‘n blatante bloei… my mense word vermoor…

(c) 2012 allen simpson

‘n Dig groep op Facebook het ‘n klein kompetisie gehou en gesê ons moet gedigte skryf met die letter B as tema. Hierdie gedig het my laat wen.  Ek het dit nie verwag nie.

Advertisements