iets kraak en raak
so teer aan die
somber stilte
atmosferies gesproke
is dit soos ‘n laaste asem
en iewers gee
Mortuus sy hoon lag

reënboog ween
sy soek haar seun
in donker wolke
nog arseen
vir die siel
die lewe ‘n fiets
met ‘n derde wiel
wat nie pas nie

in die bus na nêrens
asem hy teen ‘n ruit
die wasem spook
in ‘n lament oomblik…
En verdwyn…

(c) 2013 allen simpson
geinspireer deur Pink Floyd en Porcupine Tree

Advertisements