iewers tuur daar in die donker nag
‘n maan deur donker wolke
iewers is daar fluister geheim wat wag
iewers het my droom voete gekry
ek voel jou aan hier by my

iewers het die wind gewaai
en ek het dit vol van wense gelaai
om op windspore te vlieg na jou
en iewers tussen sterre het jy onthou
ek voel jou aan hier by my

buite tjank ‘n hond sy verdriet
as reën saggies oor hom giet
die wind fuister deur boom en riet
jou naam in soveer klanke
my godin, ek voel jou hier by my

(c) 2014 allen simpson

Processed with MaxIm DL

Advertisements