woorde breek soos brood in die sielsbord
ruik na die vars aroma van belofte
kniëe nederig vol oumens pyn
kniellend voor die skottel

sy was haar klere met prys en lof
bruin strepe waar
sweet en stof
kronkelpad oor haar wang

sy is in diep gesang
en sing:
(Bobbejaan klim die berg)
terwyl sy verlang

na dae toe kinders nog geweet het wie sy was
kinderlag in die tuin
soentjies vir die pyn
sy staar in die waters in
terwyl haar verlange
droewig eensaam sing

(c) 2014 allen simpson

vir alle alleen oumas x

Advertisements