Hoor jy die paddas wat simfonies kwaak
krieke wat bene vryf om liefde te praat
muggies wat vluggies in jou gesig pla
‘n tarentaal skrik iewers en gil en kla…

Ruik jy die aandlug vars in jou hart,
ruik jy die water in die vlei wat praat
die taal van die vlei wat fluister in die aand
kom luister en ruik met my, hand aan hand…

Ek sit in my woonstel
‘n motorfiets brul verby
ruik my wierook en
droom die aand verby
maak my oe toe en verbeel my
ek is daar
en as ek mooi luister word my droom ‘n bietjie waar…

Vat my hand, hou jou ogies toe
my vleitaal moet jy luister
al is dit net hoe
– ek die vlei as kind kan onthou
memories sal my ewig in die vlei hou.

Die droom van ‘n natuurkind
kan ‘n stad nooit uitwis
so neem my hand, kom ons vlug
en jy sal hoor hoe tarentaal roep
en biessies wat bewe in die nagwind wat groet…

(c) 2014 Allen Simpson

Uit my eerste bundel ‘Tales from the Flow’

Tales From The Flow
Tales From The Flow