Murasie is 'n gedig uit my bundel Skaduland
Murasie is ‘n gedig uit my bundel Skaduland

 

Vervalle
spinnerakwalle
stof dans in die wind
maar dis ek en jy
en die maan
blom soos ‘n roos
en jy is soos
‘n nagskim
en ek proe jou wasem
teen my lyf
jou eggo’s roep
oor die valleie in my siel
en my wêreld stort borrelend
in ‘n fontein van JA! JA! JA!
my hart gee in
as ‘la petite morte’
die simfonie in my wese bring
my klein dood bring lewe
die murasie word ‘n Taj Mahal
gebou in jou liefde…

(c) 2013 allen simpson

*geinspireer deur Mozart se 38ste simfonie… daardie Adagio kook!