Gister is net ‘n stille stem
‘n skim van wat-wees se dae
padjies geloop wat net vergeet wil word
oomblikke van blydskap

maar ‘n nuwe dag breek

en die gees bly gewillig
om nuwe onthous te kweek
want wat is die toekoms
maar

net ‘n tuin vol beloftes
om goeie dinge te plant

ek wil saai
maar net goeie dinge maai
ek wil ek bly
want ek is ek

al was ek deur stormsee
en stofwolk dae in woesterny
ek is ook ‘n plant
en sal rank
in die skyn van my sielslig

en klim
tot die suiwerson
my hart dans
my siel is verkwik

(c) 2014 allen simpson