My hart roep uit vanaand
oor sterresee in drometyd
om geskep te word
op Noordewind se rug

daar waar sneeu dans
daar wil ek wees
waar witpoeierval magieus
soos herfblare neer sweef
waar dennebome saggies suis
en winterpsalms sing
waar winterwind haar arias
met haar alto-neurie bring

o neem my Noordewind
op reis na verreweg
waar Winter my kan omhels
en haar koue kus
my euforie bring…

(c) 2014 allen simpson

Advertisements