wind bring smart oor die aarde
waar sneeu in rooi pallette
‘n moeder omkring
soos ‘n doodskleed
haar kind treur in die wind

en iewers sit ‘n siek jagter
en dink net aan die hert se pels
‘n handsak vir ‘n modeslet
en vleis word net gemors
is dit pret
om
dood
te
maak
en net geld te eet

waar is die edelheid
verrot aan jou groenblare kontant, jou manlose vrek
dit is my winterwens

(c) 2014 allen simpson

Advertisements