iewers het ‘n muis haar voorskoot laatval
‘n kat het kom leeu-mieeu
in die populier se gat
sy tuur onrustig na sy gevreet
gryp haar ketel laat kat se kind
kookwater vreet
haastige kat se bek verbrand
en iewers giggel ‘n hond
muis ma sug en skiet haar winterwens
in die lug
as pa muis net wil terugkom
van die antie se spens
by die plaas opstal
haar sesling se honger-roep maak haar al mal
nevermind haastige hond
selfs soms verbrand ‘n kat sy mond

(c) 2014 allen simpson
nie my beste nie… my gedagtes is ver van hier vandag, maar ek wou iets anders uit my gemaksone probeer

Advertisements