visuele stimulasie

 

dat een noot in
‘n mens in ‘n lied kan verdwyn
in ‘n nostalgiese oseean
net een noot
haar aanraking weer op wek in die onthou
lewe gee en klank, reuk en
sielsholografies
op tower in die geheuehart
van gisters wat was, weer is
die soepel onthou van lip op lip
tong wat proe proe
asems wat bolippe kielie
die tas van vingers teen wange
die ritme van die hart
die liedjie maak tyd en plek
nie net ‘n oomblik nie
maar ‘n klein ewigheid
‘n wonderwerk
‘n stap in tyd
een noot word ‘n tydmasjien
en sy word weer jonk
saam met my
in ‘n oomblik…

(c) 2014 allen simpson

millago is Spaans vir wonderwerk