wanneer skemer haar koue kombers
soos ou aia omtooi
en die glim van Luna se oog
dans in die lug
roep Nag Haar grootoog kinders

hulle reis van boom na boom
speel soos kinders sonder
traliehekke en reëls
speels

elke boom word ‘n klimraam
wat Moeder Aarde
kunstig geplaas het

die reis van die nagape
kan my, nietige dom mens
leer om soms ook
net boom te swaai in my hart
om klein dingtjies te waardeer
en die lewe lief te hê
wysheid is ‘n nagapie
as die hart net oopmaak en ontvang

(c) 2014 allen simpson
opgedra aan Hanneliese Oberholzer, dankie vir die naweek in die bosveld
en ook aan Schalk en Ilouise… dankie vir die nagapie vertoning, julle is awesome