2014-06-16-13-58-041.jpg

 

Tussen gister en vandag
raak my probleme
vergete
as my gedagtes dwaal
in die bloekomwoud

tussen nou en netnou
is daar ‘n oomblik
‘n huidige swanger oomblik
waar nuwe dinge wag
en my pen wil bloei
vir jou dit neerskryf
net vir jou

tussen my en jou
‘n miljoen woorde
wat krioel in my hart
tussen ons
net ons

my gedagtes loop
in die bloekomwoud
ek wolf, en jy jakkals,
wat trou
in reën en sonskyn

want tussen jakkals en wolf
lê geheime
wat net my pen kan sê
as my tong kruppelkruip
en my kniee jellie-verdrink in my gemoed

ja tussen my en jou
‘n miljoen woorde
wat krioel in my hart
tussen ons
net ons
gebore in ‘n bloekomwoud

(c) 2014 allen simpson
Foto en gedig gekopiereg

Die gedig is geinspireer deur die foto van die bloekomwoud wat ek geneem het