wanneer beloftes soos klatergoud
skitter
en uit ‘n aapbek ketter
en jy voel net ‘O wetter,
watse nonsens nou?’

sal jy maar stil bly
en jou bly verwonder
en hoop die aap
se breinkrag word gesonder
daar is net een wet wat
nooit teleurstel
‘die tong kan konings maak
of idiote uit die hel’

net idiote soek monsters onder elke bed
en duiwels agter elke ding
wat hulle nie verstaan nie

en heigende herts
is te bang vir biblioteke
google en wikipedia
en luister eerder 7de Laan
en na die Son-koerant media

sal ek my beskuit
(met hulle deel)

(c) 2014 allen simpson

Advertisements