iewers huil ‘n kar sirene
doelloos in harmonie
met die koue wind wat
… pluk-pluk aan my kamervenster
die oggendlug is vrank, suur
die uurglas se tyd loop uit
nog ‘n vergaande uur
die sirene sterk
die stiltes wat volg kerf
en tog weet ek
die sirkel breek nooit
dit ‘evolve’ in kettangs
kettangs in die hart
van siele ook vasgevang
in ‘n genadelose wals
bittersoet…
ek mis koffie…

(c) 2012 allen simpson