die eina-pyn van die eerste keer
ek en sy sommer op die sypaadjie
stout soos twee brakke
wat op ‘n ander man se werf
die dinge doen wat net brakkies doen.

die eina-pyn van die eerste keer
toe dit my long vul
en die vrug van Van Hunks se pyp
spook krioël uit kinderlonge
Standerd Nege was toe nog
nie vir sissies nie
en rook nog minder

as ek ‘n rooksein kon terug stuur
na daardie stoute knaap
was my bank balans nou groter
en my longe nie so pap
die eina-pyn van die eerste keer
die hoesproes hello van die eerste sigaret
het verander in winter dae se oulong hoes…

(c) 2014 allen simpson
vir Andrea Bronkhorst, oor daardie eerste trek

Advertisements