Benguela Spookmis
deur Stemmlar Schulze en Allen ‘Wolfie’ Simpson

koue benguela met reuse golwe-voete
misbanke wat alles toepak
waar sand en see se boete
in verwaarlosing toesak

bedorwe in sand verderf
wit gebeentes in duine
waar blink klippies kleure verf
in skedelkus se woestyntuine

waar gehul in misterie vervat
teen rotse verweer, wat waak
golwe fluisterspat
en skeepswrakke genadeloos kraak

in spookmis en sand, o see o see
is net die beendere wat antwoord gee

(c) 2013 Stemmlar Schulze en Allen Simpson

Engelse Sonnet deur my en die baie talentvolle Stemmlar Schulze
lees gerus sy werk by https://www.facebook.com/StemmiesGedagteAfdrukke

Advertisements