In winterkoue
met rillings van my ruggraat af
staan ek nakend voor my altaar, Moeder
die wierook brand soet geure
van pypkaneel en jasmyn
ek strek my hande en hart na U
en dink aan my geliefdes se pyn
ek roep U aan in nederheid
en gee U die name van elke seer
want U net U met ‘n Moederhart
sal al my geliefdes se pyn
met die reuk van soet wierook
met U wysheid laat vedwyn

in winterkoue
is U die vlam wat my warm hou
en U net U gee my Godin
die vrede waaraan ek klou

Ons wat weet prys U Naam
Ons wat glo is nooit skaam
want U is altyd met ons
in elke plek wat leeg is
maak U vol
U Moederhart is groot

selah.

(c) 2014 allen simpson
)0(

Advertisements