Ek het oor die 21 jaar as heiden baie navorsing gedoen oor die onderwerp en hier is ‘n paar ding wat ek al uitgevind het…

Jesus en Horus se stories is die selfde en die Egiptiese verhaal van Horus is 3000 ouer as Jesus sin.

Ek het eendag selfs gehoor by ‘n dominee dat die Jode nie ‘n skeppings verhaal gehad het nie, en toe ‘die skepping storie’ gesteel het by die egiptenare.

Jode het ook nie geweet van engele nie tot dat die mede en perse hulle as slawe aangehou het nie, toe sit hulle Engele in hulle heilige boeke…. die Christen geloof is gebore uit die Joodse geloof en die Joodse geloof uit ‘n paar gelowe.

As jy regtig diep navorsing doen sal jy uitvind dat Jahwe ‘n Kanaanietiese berggod met horings soos ‘n bok was, Adonai ‘n ander naam vir Baal is en EL Shadai ‘Haar met die groot borste’ maw ‘n godin beteken. Al die name is name wat as ‘God’ vertaal is ‘n die aramese en Hebreeuse geskrifte wat later as die Ou testament bekend staan.

EK oordeel nie wat die Christene glo nie maar as hoe meer ek navorsing doen hoe meer kan ek sien dat die Bybel maar net ‘n ‘cover version’ is van ouer Heidense gelowe. Die bybel waarku juis teen heidene seker maar omdat ons heidene alles begin het – die oorsprong van geloof. As ek die tyd gehad het het ‘n boek geskryf oor die onderwerp maar helaas ek het te min tyd vir dit….

As jy dink ek is verkeerd, bewys my gerus verkeerd, ek wil graag reggehelp word. Moet dit nie met bybel versies doen nie maar met knkrete bewyse van museum professors en universiteite. Geloof en feite moet mekaar komplimenteer. Bybel versies is nice om te kwoteer maar mens moet dieper ingaan en daardie versies kan bewys op ‘n wetenskaplike manier ook.

Wat jy ookal glo, wees geseen en verstaan dat ek hier is om by jou ook te leer en dat ek meer as bereid is om verkeerd te wees. Kennis is nice maar wysheid kom net deur te leer uit foute.

Wees geseend

(c) 2014 allen simpson

prentjie gekry op Faceboek en sal ditverwyder as die oorspronklike skrywer wil he ek moet dit verwyder

 

Advertisements