waarheen moet die liefde gaan
as dit soos gisters in toilette afgespoel word
soos aborsies bloedig in asblikke beland
waarheen moet die liefde gaan?

wat is jou liefde as jy haar net gebruik het
en dit liefde maak noem
en haar dan weggooi op ‘n ashoop
omdat een pienk strepie op ‘n stokkie
jou ‘n pa gemaak het

wat is jou liefde as jy net met hom geslaap het
omdat jy dink jy kon hom hou
omdat jy gedink het as jy jouself oorgee
sal hy jou lief hê

waarheen moet die liefde gaan
as julle dink ‘n nag se plesier
is liefde maak
liefde maak is om te troos as iemand pyn het
liefde maak is om te waak terwyl die een wat jou alles is
stadig dood gaan en jy daar is om die alleen weg te hou
liefde maak is om waneer die aand lank en alleen voel
die een wat jou hart besit net te bel en te sê:
hello….

liefde maak is nie seks nie, liefde maak is om een te wees
volkome een, sonder om jou klere uit te trek vir genot
liefde maak is om ‘n rook asem te soen
om in die oggend ‘n koffie te maak uit die hart
vir geen rede nie, net sommer
omdat die een in jou bed jou hart is…

liefde maak is pyn en plesier
liefde maak is te duur
vir mense wat liefde soek
op die verkeerde manier….

as jy op sewentig nog in die een wat jy liefhet
se lelike plooi gesig kan kyk
en daardie gesig vir jou nog soos ‘n engel lyk,
dan ken jy liefde maak
net dan

(c) 2014 allen simpson

Advertisements