onthou is soos ‘n bak vol klippies waaroor jy water uit giet. Die klippies word nat maar die water gly af en later verdamp dit tot niet. Die water is die onthou wat ons weggooi, die einas en pyne, of die roomys sommer op die straathoek van die Griek se kafee (onthou julle nog die miljoene kaffee’s met vis en tjips op elke hoek in die 70s en 80s hel ek is oud) en die klippies is die dinge wat mens net nie kan vergeet nie, jou eerste keer met ‘n mooi meisie alleen, jou kind se geboorte of die keer toe jou pa jou pimpel en pers met ‘n belt geslaan het vir niks….

onthou is goed en sleg en maak ons wie ons is. Mag almal net goeie klippies hê is my wens vir almal… maar goeie klippe is soms nie al wat ons kry nie… Maak goeie klippies vir jouself en almal om jou.

Seënwense,

Wolfie

(c) 2014 allen simpson

Advertisements