die kool vuur wat jy is, brand in my hart
elke oomblik lek die vlamme
tot diep in die binneste ek
en ek voel veilig in jou hitte

in harde reën verskyn jy
en stoom dans om jou vel
jou onblustende hart klop teen myne
en jou hitte dan so sag

my lief, my salamander siel
op koue winter’s nag
lê in my arms en hou my warm
soos ‘n kool vuur
wat hout laat vlam
ontplof my siel met jou by my

(c) 2014 allen simpson
geinspireer op die legende van die salamander

Advertisements