gister kwylasem in die nek
en ruk my vurig in die hede

*

die sluipende krioel van vingers
wat maanligsonate speel oor die rug
dan die lem wat vreesbeloftes gee

die gevoel van lamheid op die rugby paviljoen
en net die woorde
‘sit stil en jy sal nie seer kry’
dan groet die selfoon, die beursie en sommer die blaas
as vrees oorverdowend raas en

‘tel tot honderd en moet nie omkyk nie’
maar honderd word ‘n biljoen van angs
en al los die fokken hond my met my lewe
is my siel (eeue se terapie) gewond

*

eendag is ek dalk gesond…

(c) 2014 allen simpson
gebasseer op ‘n werklikheid en ‘n werklik haat

Advertisements