Waneer Moeder Aarde dans
en sy ruk haar kontoere
is daar
‘n oomblik
van
wonder-

wonder of iets gaan val en breek
wonder of dit Haar hartklop is wat smeek

dat
ons Haar moet oppas

daar is net een Aarde
en ons leef op Haar
Sy voed ons
en gee ons asem

wees lief vir Die Aarde
laat Haar lewe
sy gee lewe
en as sy verkwyn
is ons binnekort
ook net stof
op ‘n dooie bal
in ‘n ongenaakbare leë ruimtegraf

(c) 2014 Allen Simpson
Vandag op 5 Augustus 2014 om omtrent 12:20 was daar ‘n aarbewing in Pretoria wat nogal skaars is. Die gedig is daardeur geinspireer

Advertisements