Dit is benoud-verskriklik as ‘n dood gewone pragtige mens wegkruipertjie moet speel en nie oop en eerlik homself of haarself kan wees nie.  Dit is grotendeels te danke aan ‘n siek samelewing wat ‘die norm’ op almal af dwing. mense word veroordeel nie oor die pragtige hart wat hulle het nie maar oor dom reëls wat deur jare in keel gatte af gewurg word.

Ons wat anders is word verkinderlik en baie van ons moet wegkruipertjie speel. As jy nie weg kruip vir jou eie familie en vriende nie, or selfs vir jou werk nie, is daar aaklige meegevolge. Jou familie, die mense wat jou onkondisioneel moet lief hê stoot jou op die rand van ‘n afgrond en sê gooi weg wie jy is of ons verwerp jou.

Hoe de donner is dit liefde?

Ek het van kleins af besluit om myself nie weg te steek nie. My vriende en familie weet ek volg die Ou Geloof, die een wat ons voorouers aan behoort het voor die eerste Christene ons voorouer-lande soos Skotland, Noorweë, Ierland, Engeland, Duitsland, Rome, Griekeland ingeval het met hulle geloof.

Onnosel mense dink ons heidene is sataniste. Hoe kan iemand wat nie eers in enige van die Bybelse Miteologie glo ‘n satanis wees. Satanisme in my definisie daarvan beteken dit is iemand wat ‘n volgeling van satan is met ander woorde om iets of iemand te volg moet jy eers in hom, haar of dit glo. Heidene glo in Die Natuur en die Ou Gode.

In ons geloofsoortuiging glo ons: ‘Doen geen skade nie.’

Ons glo in liefde.

As iemand in jou huis anders is en jy vind dit uit, respekteer die persoon, vind meer uit hoekom hy of sy anders is.

Wegkruipertjie breek harte.

Ek dra die geskrewe op aan almal: Christen, Moslem en Heiden wat moet wegkruipertjie en nie die mooi wat hulle is kan wys vir die wëreld nie.

 

(c) 2014 allen simpson