is ‘n Taal net een godsdiens werd
moet ons hom vergruis onder ons voete
‘n taal behoort aan almal wat se hart hom klop
roep jou Allah aan in suiwer Afrikaans
of jou Jesus, of
mediteer by ‘n Boeddha
in die suiwer Afrikaanse note
wat in jou hart klop
roep Odin AlVader aan
voor jou altaar van geheimnisse

wees lief vir jou God wie Hy of Sy ookal is
in jou taal
elke woord
is ‘n aanraking
van jou vaders en moeders
wat deur eeue
ons Moedertaal
help skep het

so bid in jou taal
wees vry
godsdiens is vir almal
ook jou reg om jou sê te sê
in manjefieke woorde

laat daar Afrikaans wees
en wees trots

(c) 2014 allen simpson

Advertisements