wanneer ek sien hoe jy sukkel
kry my hart seer
asyn op my pyn
en die brandvuur laat my kwyn

jy bly in jou kar met jou vrou en jou kinders
loop jou siel plat elke dag
maar werk is net ‘n mite

jy was so hoog maar nou is jy
net ‘n stofkorreltjie in ‘n genadelose wind
en elke dag is daar net meer van jou
sonder werk en sonder hoop

elke dag soek jy net oor
opgee is daar nie
jou honger kinders se oë
is al oud soos die son
vol vrae
oor wat more bring…

is daar ‘n toekoms
selfs vir
‘n stofkorreltjie in die wind…?

(c) 2014 allen simpson
opgedra aan die werkloses wat regtig wil werk maar nie ‘n kans gegun word nie

Advertisements