ek wens ek kan totsiens sê
maar soms is totsiens so finaal en leeg
ek wens ek kan totsiens sê
en ek voel hoe die woord homself
op my tong weeg

… maar hy kan nie ontsnap nie

gisters kan ek te goed onthou
dan is die kamers waar jy was vol
en nie nou leë museums van stoftrane
wat my hart laat reën oor my rou wange nie

ek wens ek kan totsiens sê

die bitter nag van verlange sluk my in
en ek verdrink
want totsiens druk my af
tot in ‘n bodemlose put…

(c) 2014 allen simpson
geinspireer deur Ingrid Jonker

Advertisements