‘n dag breek soms in sy moer in
as jy verslaap in die wakkerheid
as gisters soos spinnerakdrade aan jou kleef

‘n dag breek soms oop soos ‘n mosbeskuit
warm en stomend, vars uit die oond
en belowe daardie kou lekkerte

maar elke dag is maar
en maer
tot hy vet word
en wat moet gebeur sal gebeur
of heerlik om te kou
of vol moergedagtes

en ons wil so graag net kou dae hê

(c) 2014 allen simpson
opgedra aan my ma, Ellen Elizabeth Simpson en aan Ingrid Jonker. Altwee sou more verjaar het

Advertisements