dit is stil en die wind
en ek mymer en dink
tyd staan stil
‘n vlieg kom sit op my leë koffiebeker
sy arrogante vryf van voorpote
soos ‘n tweedehandse ys verkoper aan ‘n eskimo
en ek dink hoeveel oomblikke het ek verkoop aan Vader Tyd
tyd is die subtielste van diewe
jy het dit nooit nie, tog het jy dit altyd.

daar is skimme in my kop
dit is stil…

en die wind

‘n vlieg verlaat die koffiebeker
tyd beweeg

(c) 2014 allen simpson

Advertisements