(i)
Ek wil jou naam skree
In donker pastel kleure
Jou wese aan my voel
In diep nag ure
Jou in asem
Verdwyn in jou blou
Poel-oë
Jou gee
Jou gee jou ontvang

(ii)
Daar dans
‘N paddatjie op ‘n lelie in my hart
Dis jy, jy
Wat my uittart
Ek steel ‘n vuurvlieggie
By die vlei
Om opsit kers
In jou arms te kry
Ha-ham

(iii)
Maanlig uit ‘n skewe sekel
Ek en jy
En
Gee en ontvang
Gogga maak baba skaam
En verloor in oomblikke
Van ‘we dream the impossible dream’
Terwyl die satyn-aande
‘N vervulling
‘N simfonie word van
Ek en jy en jy en ek
Ons

(C) 2013 allen simpson

Advertisements