Sfinks sonder masker, gesig verloor
jou gesig soos jou raaisels, versmoor
jy waak nog onder Orion, die Osiris ster
jou gesig van niks, kyk nog ver
jou leeulyf wag tot tyd
in die uurglas sand van Sahara wegkwyn
jou gesig, ewig in pyn

my hart vir jou, oer sfinks
traan ‘n bietjie
maar eendag is ek lankal dood
en in meet van tyd,
jy ‘n welpie…

(c) 2013 allen simpson
deel van die ‘Mite Van die Derde Oog’ projek

Advertisements