duskant Orion roep Moeder Nag
en Canis Major sing
sy wolwelied in bariton
en sy stert wink-wink
‘kom kuier my wolfie
en dans in die woude van Sirius’
duskant Orion, die misterie
waar kabalah pilare staan in vlam
as Moeder Nag se sterre ou arkane fluister
en die wolfie hardloop astraal
tot die maan neer daal…

(C) 2013 allen ‘wolfie’ simpson

Deel van die “Mite van die Derde Oog” Projek

Advertisements