so toe stap ek in die straat
en voor my in ‘n lang wit gewaad
is ‘n figuur van ‘n engel en ek
wil haar gesig sien,
dis gek
hoe mens alles sal probeer
en ek sit spoed in my stap om die
meisie
se gesiggie te sien
eers moet ek vertel haar figuur was
soos iets uit die portfolio van ‘n model
en langste hare wat op boude val
haar moes ek net sien

maar my verhaal het ‘n dodelike einde
want toe ek verby haar stap
en vinnig om kyk
is dit ‘n ou in ‘n rok
o my f……

(c) 2014 allen simpson
geinspireer deur Giepie Breedt se Amsterdam storie