ek is bevlek met baarmoeder ink
en vervloek om vir ewig die rooiletter te dra
net deur asem te haal is ek sonde

mense kyk weg vir my geboorte merk
asof ek uit ‘n Romero gedrogte film stap
want ek is anders

ek het gesoek en lees, gehoop in die geskiedenis
dat iewers iemand my sou wou hê
en net gevind hoe mense soos ek
op brandstapels verbrand is
geboorte vlek
duiwels merk
net goed genoeg om te vrek

vir my nie eers siembamba
net die sloot
altyd die sloot

(c) 2014 allen simpson
opgedra aan mense wat verwerp is oor geboortemerke, dit is afgryslik hoe ons mense kan wees… Die gedig is ook spesiaal vir vir Emma wat nie meer met ons is nie….
vir my was sy pragtig….

Notas:
Nodori, loslik vertaal, beteken vervloek in Japanees
Romero verwys na George R. Romero
Mense is regtig in die middel eeue as hekse verbrand omdat hulle die duiwel se merk (geboortemerke) besit. Lees gerus op daaroor

Advertisements