Dankie aan Lizette en Solovlug, ek is so geerd, ek het ‘n prys gewen vir die gedig op Solovlug

Thank you Lizette and Solovlug, winning a prize with this poem of mine is an honor!

wolfshadowwhispers

“What is food to one is to others bitter poison”  Lucretius

I
katatoniese mense op die bus
zombies sonder rus
wat elke dag heen en weer
repeteer
dit maak seer
as elke dag
‘n robot, ‘n program word
en ons masjiene is
(Asimov lag in sy graf
hy het die joke gevang)

II
die wêreld het ‘n boggelrug
en die narre grap net
en gooi vuilus op die aarde
mensdom verloor sy waarde
respek is ‘n dooie spesie
kyk die geraamtes
waarop die media trap

III
ons raak kollektief diskreet
aasvoëls wat mekaar eet
geniet mekaar se rou
as skande en skoor trou

IV
skrif teen die muur
in neon
‘n god het gepraat
en niemand luister nie

(c) 2014 allen simpson
die Asimov in my gedig verwys na Isaac Asimov en ook sy Three Laws of Robotics. Lees gerus sy werke, sy wetenskap fiksie boeke is ‘n legende…

View original post 5 more words

Advertisements