in die lig kan jy gesien word
in die lig val hande soos reën
in die lig val bloed op die aarde
net in skemer, in donker is rus

in die lig kom die pyn
wat net in skemer kan verdwyn

ek maak my hart vol skemer
sodat jy my nie kan vind nie
sodat ek my nie dood bloei nie
sodat ek vir jou ‘n blinde kol word

lig is net pyn
waar jou vuiste reën
en my bloed jou woede voed

ek maak my hart vol skemer
want ek wil lewe

(c) 2014 allen simpson
gebasseer op ‘n ware verhaal

vir almal wat al deur mishandeling was

Advertisements