een aand het ek gedroom
ek was in ‘n wondertuin
die maan was vol en oopmond
en rose was oral rond.

Deftig soos ‘n jintilman
het Ou Dood in gestap
‘n silwer skinkbord in sy een
(benerige) hand
in die ander ‘n uurglas met
geel sand.

Hy wys my om te sit
en ‘n draad stoel verskyn
en ook ‘n tafel
asof getower uit maanskyn.

Hy het sy pluiskuil afgehaal
en deftig neer gesit
en tee in porselein koppies gegooi
met suurlemoen skyfies opgetooi.

(Hy sê toe vir my
terwyl hy die tee
so vir my gee:)

‘Mense raak so bang vir my
tog is ek nie goed of sleg
ek sorg maar net vir orde
en is nie hier om siele te veg’

ek vra hom toe
(my stem het erg gebeef)
‘wie is jy dan
om te besluit wie leef?’

Ou dood het my leeg gekyk
en ek was nogal bang
maar toe grinnik hy so vriendelik
en krap sy skedel wang.

“Kyk, meneer Digter ek besluit oor
geen dood
dit besluit net die Gode,
Hulle wet is woord
ek hou net toesig,
almal moet tog sterf
daar is soveel kamers
wat vir almal
in die Summerland* wag”

ek vra hom toe hoekom kuier hy by my
hy sê hy wou net geselskap vir teetyd kry
ons het gesels oor alles onder die maan
en ek wou alles vertel vir jou
maar toe word ek wakker
en dis al wat ek van my droom onthou…

soms wonder ek oor die uurglas
en nou het ek besef
tyd is altyd kosbaar
tot die dood ons tref…

(c) 2012 allen simpson
kopiereg op foto en gedig
geinspireer deur Terry Pratchett —
* Summerland is verskeie neo-pagans se woord vir die hemel

Die dood is die grootste mite in die wêreld, ek sou se 99% van die aarde ontmoet die dood een of ander tyd. Die ander 1%… wel dit is seker oop vir debat 😉

Advertisements