‘And they all dead did lie:
And a thousand thousand slimy things
Lived on; and so did I.’
– Samuel Taylor Coleridge
(the rime of the ancient mariner)

so staan jy stok styf
hare woes
tussen kombuis en die abyss

gisters se wynkolle, braaksels en honde piepie
het jou gebleik
jou pêrelwit toue
nou slierte

en ek sien in jou die weggooi-mens
mop-geeste
gister se altyd-daar
vandag se ‘jy maak my naar’

die lewe is ‘n kombuisvloer soms
die moppe is net daar
daar
en dan…
weg
kul jou hier, kul jou daar
siedaar…

(c) 2013 allen simpson

Advertisements