drome van glas
wat skerwe las
wat rippel soos ‘n spieël
‘n puzzle stuk wat nie sin maak
wat skielik ‘n waarheid raak
en in ‘n verlore wêreld
is daar ‘n verdwaalde kind
maar hy lag
en dans met die wind

en ek sien ook ‘n nuwe hemel
wat kom
en dis vir jou en my
dis beter om nooit moed te verloor
hoop en jy sal dit kry

en

daar is ‘n oomblik
van kristal
helder in elke hart
gryp dit aan die baard

(c) 2013 allen simpson

Advertisements