Verskoon die lelike fotos wat julle van dag sien. My foon kamera se in-en-uit-zoom is vir my so onverstaan baar soos ‘n sekere politikus se gebabel omdat hy gelyk ‘n kommunis en kapitalis wil wees. Nie een van die twee maak sense nie.

 

Na die heerlike koek wat ek geeet het, moes ek die volgende dag oefening in kry. Toe hoor ek, Hanneliese en Ilouise dat daar kameelperde rondloop naby hulle huis. Ons gaan toe op ‘n stappie…

 

Pragtiger foto van 'n kameelperd geneem deur Hanneliese, want my kameelperd fotos is gaga
Pragtiger foto van ‘n kameelperd geneem deur Hanneliese, want my kameelperd fotos is gaga

Ons het toe op ‘n vaal stukkie grond afgekom in die bosveld en in die middel van dit het die mooiste Tolbos gesit soos ‘n ruiker….

"groen en oienkpers soos 'n grond ruiker het die tolbos gewag" uit: Tolbos, 'n psalm (c) 2014 allen simpson
“groen en pienkpers soos ‘n grond ruiker
het die tolbos gewag”
uit: Tolbos, ‘n psalm
(c) 2014 allen simpson

Na die Kameelperde en Tolbos het ek onder ‘n moerbeiboom in Ilouise se pragtige tuin gaan sit. bo my het ‘n parmantige ‘Masked Weaver’ moerbei blare op my gegooi. Ek kon nie ‘n wonderlike foto van die hiperaktiewe blikskottel kry nie.

Die beste foto van die parmantige voëltjie wat ek kon neem
Die beste foto van die parmantige voëltjie wat ek kon neem

Terwyl die stoute karnallie mygekonfetti het met moerbei blare het ek die volgende gedig geskryf:

Tolbos, ‘n Psalm
deur allen simpson

iewers in die bosveld
het Moeder Natuur my gelei
en kameelperde het
op ‘n grys lappie grond
my die mooiste tolbos gewys

groen en pienkpers soos ‘n grond ruiker
het die tolbos gewag
en iewers het Moeder Natuur saam gelag.
die wolke was swanger swaar
en in die nag het hulle reën gebaar

elke asemteug het ek iets in my vrygelaat
in die stilte van die Natuur kon ek
HAAR stm hoor praat
en ek het na GOD geluister
in HAAR sagte stem
het ek my Vrede weer gevind.

(c) 2014 allen simpson

My storie is ver van klaar af, en more vetel ek verder.

Godin Seën,

Wolfie

 

 

Advertisements