Die volgende dag het ons rondgery en hulle het my ‘n huisie gaan wys in die Zebra Lodge area genaamd Jakkalsdans.

Kyk net die pragtige fiets wat ek by Jakkalsdans se deur af geneem het. EK is mal oor sulke buite ornamente
Kyk net die pragtige fiets wat ek by Jakkalsdans se deur af geneem het.
EK is mal oor sulke buite ornamente

Jakkalsdans is ‘n amper-eenvertrek huisie met ‘n slaapkamer en badkamer-toilet area wat keurig met hout uit die kombuis uit afgesper word. ‘n Regte digters ‘retreat’ as jy ‘n bietjie in isolasie net wil gaan rus en skryf.

Die son was besig om te sak en toe neem ek ‘n foto van my en een van Hanneliese:

Pragtig skyn die laaste strale van die son oor my kop. Ek het horing oud gevoel want ek het mos 42 geword en al 'n paar dae dit gevier.
Pragtig skyn die amper laaste strale van die son oor my kop. Ek het horing-oud gevoel want ek het mos 42 geword en al ‘n paar dae dit gevier.

 

Hanneliese natuurlik, het gelyk of sy die wêreld op horings kan neem :)
Hanneliese natuurlik, het gelyk of sy die wêreld op horings kan neem 🙂

Ons het toe haastig gery na opmet die berg, om die sonsondergang te bekyk en ek het gehoor dit is die hoogste punt in Gauteng. Daar was ‘n baken en alles. Daar was ‘n luukse huis  met hout trappe en ek het mos hoogte vrees. Bewend het ek daardie trappe geklim en heelbo asemloos na die pragtige toneel voor my gestaan en kyk. Ek kon Hammanskraal, Pretoria en baie ander plekke ver voor my sien… Hier is ‘n aaklige foto want fotos kan nie vertel oor hoe mooi dit was nie.

As julle maar net kon weet hoe mooi dit regtig was....
As julle maar net kon weet hoe mooi dit regtig was….

 

Daar bo het ek gedink aan ‘n ou gedig van my:

wilderness

there is a piece of wilderness
in the heart of every man
yearning
calling
to nature
the very Terra Incognito
an undiscovered country
that lies within

if only man would stop chasing material lusts
and chase the wisdom within instead

wisdom is like water,
slipping through an open hand
yet, if the fingers are kept close
a sip of wisdom awaits
him who seeks
to quench their thirst

find the wilderness in you
run wild, run free
and go it’s Flow, always.

(C) 2013 allen simpson

 

Mense, vind die wilderness in jou, hardloop vry….

 

wel dit is nie die einde van my verhaal nie. Volgende keer praat ek van my teugkoms na Pretoria en die verskriklikste ding wat gebeur het…

 

tot dan,

wees geseënd, altyd.

 

Wolfie

Advertisements