Dit was die laaste dag, die 27ste en ek en Hanneliese het amper hartseer Zebra Lodge vaarwel geroep. Met al my geskenke, memories en fotos gepak het ek en sy nostalgies die pad begin aandurf.

Talle diere het kom totsiens se op ons pad. Zebras, Rooibokkies, meerkatte, blouwildebeeste… My aaklike vermoë om fotos te neem het my in die steek gelaat…

Een van die rooibokkies wat kom baai se het. Jammer vir die gaga foto
Een van die rooibokkies wat kom baai se het. Jammer vir die gaga foto

 

Nog 'n gaga foto. Die pragtige Zebra trop het ook kom tata sê
Nog ‘n gaga foto. Die pragtige Zebra trop het ook kom tata sê

Ons is toe weg… op die Moloto pad terug na my huis in Magalieskruin was daar ‘n veldbrand. Hanneliese en ek was baie sad en somber… Die gedagte van al die skilpadjies, krimpvarkies en moontlik wild wat dood brand het ons koue hartseer rillings gegee. Dit was vreeslik om die vuur te sien, erger as om die Jaws Movie te sien op ‘n nugter maag…

Dit maak mens so sad...
Dit maak mens so sad…

Terwyl ons terug gery het het ons begin praat oor miskien na Cullinan toe gaan, aangesien Hanneliese nog nooit die sprokies mooi myn dorpie gesien het nie.  Toe besluit ons om terug te ry Zebra Lodge toe vir nog ‘n dag en toe gebeur die aakligste wonderlike dinge….

 

Vertel julle alles more

 

Blessings,

Wolfie

Advertisements