Ek het bietjie gaan kyk na ou boere rate en ek moet se van die raad wat hulle gee klink soos iets uit ‘n heidense ritueel. Almal wat al sterk ondersoek in gestel het weet ons voorouers kon almal toor voor die Romeinse Christene en ander Christene ons voorouers gedwing het om hulle Heidense gelowe weg te gooi. Maar toor het gebly en as mens diep navorsing doen sal mens nogal ‘magic’ tee kom in boererate. Vat nou maar die volgendes:

Hoes:
Kook ‘n hoendereier. Eet die helfte en spoeg die ander helfte uit en begrawe dit in ‘n miershoop. Moenie weer omkyk nie.

Dink hieroor. Die eier is ‘n simbool van die siekte en deur dit uit te spoeg verwerp jy die siekte, deur dit in ‘n miershoop te sit gee jy hulle nie net rou meteriaal om mee te werk nie maar soos die eier deur hulle werkery opgebreek word, breek jou siekte op. Jy eet die eier om simbolies die helende krag daarvan te deel. En natuurlik kyk mens nie om nie, jy vertrou in die krag van genesing. Die tipe toorkrag gaan oor die negatiewe omsit in die positiewe.

Aansteeklike siektes:
Om te keer dat jou kinders siektes optel moet jy gekeusde knoffelhuisies in ‘n sakkie sit en dit om die kind se nek hag of steek dit aan die kinders se klere vas.

In ou legendes was knoffel gebruik om vampiere en demone te verjaag. Ek dink net die arme kinders sal so stink selfs hulle maatjies sal weghardloop. Hulle kan dalk minder siek word maar die kinders sal dalk aan isolasie lei sonder maatjies. Dit is nou black magic as jy my vra.

Beroerte:
Volgens ‘n ou boer on ou afrikaans “Di sike mak dagga laat rook, en as hy ni self kan rook ni, dan kan ‘n ander di rook in zijn mond inblaas tot syn tongloas gaan, dan kan hy self rook.”

En ons moan dagga is sleg vir jou. Baie kulture het dagga gebruik om ‘n nader aan die Gode te wees soos die Indiërs wat dagga vir Shiva en Ganesh geoffer het. Dagga weet ek ook help baie vir pyn en het al ‘n 70-jarige tannie ontmoet wat dit rook of drink vir pyn. Ek haat dwelms maar ek oordeel nie mense wat dagga rook nie want dit groei uit die aarde en wordnie in ‘n laboratorium gemaak met allerhande giftof om jou op ‘n plak te sit nie.

Hier is net drie bewyse van toorkuns as deel van die Afrikaanse kultuur. Boererate is magic op sy eie manier. Gaan kyk op op die net en vind wat vir jou werk. En asseblief as jy jou kinders lief het, hou weg die knoffel…

(c) 2014 allen simpson

Advertisements