Ek reblog die een… want ek mis jou blog ou pêl

wolfshadowwhispers

Die volgende is geinspireer deur ‘n blog wat ek gelees het.

Mis is die alleenste woord in Afrikaans. Mis beteken nie net diere-ontlasting nie, of daardie pragtige laag wolke wat Magoebaskloof laat lyk soos ‘n sprokie paradys nie… mis is ‘n gevoel, ‘n leemte… alleen-kol in die siel…

Dit is soms soos ‘n seer tand waarmee jy met jou tong speel en as die tand getrek word speel jy met die gat waar die tand was en mis die pyn… Mis is ‘n genade en genadedood…

Dit vertel jou soms wat jy verloor het waarvoor jy lief was, of wat jy nog altyd wou hê en droom… Mis is ‘n monster, ‘n ou vriend… almal ken hom… wees eerlik…

(c) 2013 Allen simpson

View original post

Advertisements