die pad is nimmereindig
die pad is swaar
die wonde is soos papier snye
op die siel heen
woorde wat soos voete trap trap trap
woorde wat soos ‘n romeinse kruis
naels in slaan
klippe wat uit donker dieptes gegooi word
bloed wat spat
die lang wrede pad is oneindig
maar ek sal nie dwaal nie
ek sal die bloed afwas
ek sal die mooi behou
ek sal lewe tot ek MOET sterwe
en aanhou glo

want JY is my Lafenis en my Lig
niks ontbreek my nie
by elke kruispad staan Jy
Jy gee my keuses
Jou kies ek altyd
want Jy het my rein gemaak
toe die hele wêreld my wou swart smeer
Jy verkwik my siel
en leer my om nie te haat nie
maar lief te hê
tot in die lente van al my dae

prys U o Moeder van my hart
prys U o Godin van my Vaders en Moeders
my dankbaarheid is nimmer eindig
U maak die lang wrede pad vir my niks
net ‘n spoeg korreltjie
want U is my krag
vir ewig

(c) 2014 allen simpson

Vandag is ek weer herhinner aan my lewe, aan hoe mense soos ons soms gemartel is oor ons anders glo en dink, aan hoe dom idioote ons sataniste noem al is Satan nie eers deel van ons geloof nie, aan hoe van ons al met messe aangehou is en selfs met klippe gegooi is deur mense wat nie eers moeite doen om te verstaan wat ons glo nie.

Ek het daaraan gedink en in plaas van kwaad word en haat in my hart te dra… kon ek net weer dankbaar wees dat die Godin my gered het. Sien hulle wat ons nie ken nie en oordeel is leeg, en die Godin het ons leegheid weggevat en gevul met liefde.

EK is lief vir die wat my haat, want die Aarde is my Godin en hulle moet ook op haar lewe en Sy is lief vir hulle ook

Advertisements