_eij

“Begin doing what you want to do now. We are not living in eternity. We have only this moment,
sparkling like a star in our hand-and melting like a snowflake.” – Marie Beyon Ray

eers is daar ‘n kraak
waar mure breek om nuwe lewe te vorm
kraakvars en nuut
die skeur word groter
en ‘n gat vorm
daarbinne die duisternis
roep die belofte
en ‘n snawel verskyn

so word ons almal gebore
uit duisternis na die lig
kuiens wat moet kies
is ons die arend wat sweef
of die aasvoël
wat krioel vir kos

elke keuse ‘n openbaring

(c) 2014 allen simpson

prentjie van ‘n ‘free domain’ webwerf af

Advertisements