bitter tong spreek vuur
en rook trek onsigbaar
jou koppie amper leeg
en die tannie se oog trek skeel

geduldig wag die tannie
en ons luister na jou skinder
jou vuursteek tong so bitter

toe jy loop (noem dit voetsek in my hart)
gryp my tannie jou koppie
en tol dit om en om

‘Wat sien tannie in die tee?’
ek vra gedwee

sy spoeg bygelowig,
(drie maal teen die duiwel)
op die stoep vloer

‘Aftreksel, nes ek gedink het, kind,
daai satan is ‘n regte aftreksel’

(c) 2013 allen simpson

soms sal jy aan jou tee geken word

Advertisements